Afrikaans 1983

Psalms 105:33-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

33. Hy het hulle wingerdstokke en vyebome vernietigen die bome in hulle gebied stukkend geslaan.

34. Hy het beveel en daar het sprinkane gekom,ontelbaar baie sprinkane.

35. Hulle het al wat groen was in die Egiptenaars se land verslinden al die gesaaides van hulle lande afgevreet.

36. Al hulle oudste seuns in die land het Hy laat sterwe,al hulle eersgeborenes.

37. Toe het Hy sy volk uitgelei, belaai met silwer en goud.In geeneen van die stamme het iemand uitgesak nie.

38. Die Egiptenaars was bly dat hulle vertrek het,want hulle was skrikbevange oor die Israeliete.

39. Die Here het 'n wolk uitgesprei as beskutting oor hulleen 'n vuur gegee om lig te maak in die nag.

40. Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat komen sy volk met brood uit die hemel versadig.

41. Hy het 'n rots oopgebreek en daar het water uitgestroomwat soos 'n rivier deur die dorre gebied gevloei het.

42. Ja, Hy het sy heilige belofteaan sy dienaar Abraham gestand gedoen

43. en sy volk juigend,sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek.