Afrikaans 1983

Psalms 105:27-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. Onder die Egiptenaars het hulle die tekens van die Here gedoen,sy wonders het hulle gedoen in die land van Gam.

28. Hy het duisternis gestuur, dit donker gemaak,maar hulle het hulle teen sy opdrag bly verset.

29. Hy het hulle waters in bloed veranderen hulle visse laat vrek.

30. Hulle land het gekrioel van die paddas,selfs tot in hulle koning se slaapkamer.

31. Die Here het beveel en daar het insekte gekom,muggies oor hulle hele gebied.

32. Hy het hulle reëns in hael veranderen swaarweer oor hulle land gestuur.

33. Hy het hulle wingerdstokke en vyebome vernietigen die bome in hulle gebied stukkend geslaan.

34. Hy het beveel en daar het sprinkane gekom,ontelbaar baie sprinkane.

35. Hulle het al wat groen was in die Egiptenaars se land verslinden al die gesaaides van hulle lande afgevreet.

36. Al hulle oudste seuns in die land het Hy laat sterwe,al hulle eersgeborenes.