Afrikaans 1983

Psalms 105:25-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. Hy het die gesindheid van die Egiptenaars verander,sodat hulle sy volk gehaaten vyandig opgetree het teenoor sy dienaars.

26. Die Here het Moses, sy dienaar, gestuur,en vir Aäron, die man wat Hy verkies het.

27. Onder die Egiptenaars het hulle die tekens van die Here gedoen,sy wonders het hulle gedoen in die land van Gam.

28. Hy het duisternis gestuur, dit donker gemaak,maar hulle het hulle teen sy opdrag bly verset.

29. Hy het hulle waters in bloed veranderen hulle visse laat vrek.

30. Hulle land het gekrioel van die paddas,selfs tot in hulle koning se slaapkamer.

31. Die Here het beveel en daar het insekte gekom,muggies oor hulle hele gebied.

32. Hy het hulle reëns in hael veranderen swaarweer oor hulle land gestuur.

33. Hy het hulle wingerdstokke en vyebome vernietigen die bome in hulle gebied stukkend geslaan.

34. Hy het beveel en daar het sprinkane gekom,ontelbaar baie sprinkane.