Afrikaans 1983

Psalms 105:18-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Hulle het sy voete geboeien hom in die gevangenis gehou

19. totdat sy woorde bewaarheid is,nadat hy die toets deurstaan hetmet wat die Here aan hom bekend gemaak het.

20. Toe het die koning hom uit die gevangenis laat uitkom;die heerser oor baie volke het hom vrygelaat

21. en hom aangestel as hoof van die koninklike huishouding,met gesag oor al sy besittings.

22. Josef kon die amptenare van die koning na goeddunke beveelen selfs aan hoë amptenare leiding gee.

23. Israel het na Egipte toe gekom,Jakob kon in die land van Gam gaan woon.

24. Die Here het sy volk baie vrugbaar gemaak,talryker as hulle onderdrukkers.

25. Hy het die gesindheid van die Egiptenaars verander,sodat hulle sy volk gehaaten vyandig opgetree het teenoor sy dienaars.

26. Die Here het Moses, sy dienaar, gestuur,en vir Aäron, die man wat Hy verkies het.

27. Onder die Egiptenaars het hulle die tekens van die Here gedoen,sy wonders het hulle gedoen in die land van Gam.

28. Hy het duisternis gestuur, dit donker gemaak,maar hulle het hulle teen sy opdrag bly verset.

29. Hy het hulle waters in bloed veranderen hulle visse laat vrek.

30. Hulle land het gekrioel van die paddas,selfs tot in hulle koning se slaapkamer.

31. Die Here het beveel en daar het insekte gekom,muggies oor hulle hele gebied.