Afrikaans 1983

Psalms 104:7-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Maar toe U die waters aanspreek, het hulle gevlug,voor die krag van u stem het hulle die wyk geneem.

8. Hulle het oor die berge gespoelen in die laagtes weggevloeina die plek toe wat U vir hulle bestem het.

9. U het 'n grens gestel waaroor hulle nie mag gaan nie:hulle mag die aarde nie weer oordek nie.

10. U laat fonteine in die valleie ontspringen tussen die berge deur stroom.

11. Daar kom al die wilde diere drinken die wildedonkies hulle dors les.

12. Die voëls maak hulle neste langs die wateren kwetter tussen die takke.

13. Uit die hemel laat U dit op die berge reën,die aarde word versadig deur die reën wat U gee.

14. U laat gras uitspruit vir die diere,en groen plante vir die menssodat hy sy kos uit die aarde kan kry:

15. wyn om mense se harte bly te maak,olie om die gesig te versorg,kos om die mens nuwe krag te gee.

16. Die bome van die Here kry volop reën,die seders op die Libanon, dié wat Hy geplant het,

17. waar die voëls hulle neste maak,en die reier sy huis in die boomtoppe bou.

18. Die hoë berge is 'n tuiste vir die klipbokke,die rotse is 'n skuilplek vir die dassies.

19. U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee,die son weet wanneer om onder te gaan.

20. As U die donker bring en dit nag word,roer al die diere in die bos.

21. Die leeus brul op soek na prooi:hulle vra hulle kos van God.