Afrikaans 1983

Psalms 104:3-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. en vir U 'n woonplek ingerig het oor die waters daarbo,U wat op die wolke ry,op die vleuels van die wind,

4. U wat die winde u boodskappers maak,die weerligte u dienaars,

5. U wat die aarde stewig gevestig het,sodat dit nooit sal wankel nie.

6. Die groot waters het die aarde soos 'n kleed oordek,die waters het bo-oor die berge gestaan.

7. Maar toe U die waters aanspreek, het hulle gevlug,voor die krag van u stem het hulle die wyk geneem.

8. Hulle het oor die berge gespoelen in die laagtes weggevloeina die plek toe wat U vir hulle bestem het.

9. U het 'n grens gestel waaroor hulle nie mag gaan nie:hulle mag die aarde nie weer oordek nie.

10. U laat fonteine in die valleie ontspringen tussen die berge deur stroom.