Afrikaans 1983

Psalms 104:22-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. As die son opkom, sluip hulle wegen gaan lê in hulle skuilplekke.

23. Dan gaan die mens na sy werk toe,en hy werk tot die aand.

24. U het baie dinge geskep, Here,die aarde is vol van wat U gemaak het,en tog, U het alles in wysheid geskep.

25. Daar is die see, groot en wyd,wat wemel van diere, klein en groot.

26. Daar vaar die skepe,en daar is die Leviatan.U het hom gemaak om mee te speel.

27. Hulle is almal van U afhanklik,U gee hulle kos op hulle tyd.

28. U gee, en hulle eet,U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.

29. Maar as U U terugtrek, is dit klaar met hulle,as U hulle asem wegneem, is hulle dooden word hulle weer stof.

30. U gee die lewensasem en daar is lewe;ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit.

31. Mag daar aan die roem van die Here geen einde wees nie!Mag die werk van die Here Hom vreugde verskaf,

32. Hy wat na die aarde kyk, en dit bewe,wat die berge aanraak, en hulle brand.

33. Ek wil tot eer van die Here sing so lank ek lewe,ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is.

34. Mag hierdie bepeinsinge van my vir Hom aanneemlik wees!Ek wil my in die Here verbly.

35. Mag die sondaars van die aarde af verdwyn,mag die goddeloses ophou om te bestaan!Ek wil die Here loof.Prys die Here!