Afrikaans 1983

Psalms 104:18-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Die hoë berge is 'n tuiste vir die klipbokke,die rotse is 'n skuilplek vir die dassies.

19. U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee,die son weet wanneer om onder te gaan.

20. As U die donker bring en dit nag word,roer al die diere in die bos.

21. Die leeus brul op soek na prooi:hulle vra hulle kos van God.

22. As die son opkom, sluip hulle wegen gaan lê in hulle skuilplekke.

23. Dan gaan die mens na sy werk toe,en hy werk tot die aand.

24. U het baie dinge geskep, Here,die aarde is vol van wat U gemaak het,en tog, U het alles in wysheid geskep.

25. Daar is die see, groot en wyd,wat wemel van diere, klein en groot.

26. Daar vaar die skepe,en daar is die Leviatan.U het hom gemaak om mee te speel.

27. Hulle is almal van U afhanklik,U gee hulle kos op hulle tyd.

28. U gee, en hulle eet,U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.

29. Maar as U U terugtrek, is dit klaar met hulle,as U hulle asem wegneem, is hulle dooden word hulle weer stof.

30. U gee die lewensasem en daar is lewe;ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit.

31. Mag daar aan die roem van die Here geen einde wees nie!Mag die werk van die Here Hom vreugde verskaf,