Afrikaans 1983

Psalms 104:1-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ek wil die Here loof!Here my God, U is baie groot,U is beklee met koninklike luister,

2. U is met 'n kleed van lig omhul.Dit is U wat die hemelkoepel soos 'n tentdoek gespan

3. en vir U 'n woonplek ingerig het oor die waters daarbo,U wat op die wolke ry,op die vleuels van die wind,

4. U wat die winde u boodskappers maak,die weerligte u dienaars,

5. U wat die aarde stewig gevestig het,sodat dit nooit sal wankel nie.

6. Die groot waters het die aarde soos 'n kleed oordek,die waters het bo-oor die berge gestaan.

7. Maar toe U die waters aanspreek, het hulle gevlug,voor die krag van u stem het hulle die wyk geneem.

8. Hulle het oor die berge gespoelen in die laagtes weggevloeina die plek toe wat U vir hulle bestem het.

9. U het 'n grens gestel waaroor hulle nie mag gaan nie:hulle mag die aarde nie weer oordek nie.

10. U laat fonteine in die valleie ontspringen tussen die berge deur stroom.

11. Daar kom al die wilde diere drinken die wildedonkies hulle dors les.

12. Die voëls maak hulle neste langs die wateren kwetter tussen die takke.

13. Uit die hemel laat U dit op die berge reën,die aarde word versadig deur die reën wat U gee.

14. U laat gras uitspruit vir die diere,en groen plante vir die menssodat hy sy kos uit die aarde kan kry:

15. wyn om mense se harte bly te maak,olie om die gesig te versorg,kos om die mens nuwe krag te gee.