Afrikaans 1983

Psalms 103:16-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. as die woestynwind daaroor waai, is dit wegen sy plek vir altyd leeg.

17. Maar onverganklik is die liefde van die Herevir dié wat Hom dien,sy trou vir opeenvolgende geslagte,

18. vir dié wat getrou bly aan sy verbonden sy voorskrifte nakom.

19. Die Here het sy troon in die hemel gevestig,sy heerskappy strek oor alles en almal.

20. Loof die Here, magtige engelewat sy opdragte uitvoer,sy bevele gehoorsaam.

21. Loof die Here, alle hemelwesenswat Hom dien en sy wil doen!

22. Almal wat deur Hom geskep is, loof die Hereop al die plekke waar Hy heers!Ek wil die Here loof!