Afrikaans 1983

Psalms 103:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Dawid.Ek wil die Here loof,met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.

2. Ek wil die Here loofen nie een van sy weldade vergeet nie.

3. Dit is Hy wat al my sonde vergewe,wat al my siekte genees,

4. wat my red van die grafen my met liefde en ontferming kroon,

5. wat my die goeie in oorvloed laat geniet,my die jeugdige krag van die arend skenk.

6. Die Here laat geregtigheid en reg geskiedaan almal wat verdruk word.

7. Aan Moses het Hy sy wil bekend gemaak,aan Israel wat Hy van plan was om te doen.

8. Barmhartig en genadig is die Here,lankmoedig en vol liefde.

9. Hy sal ons ons sonde nie bly toerekenen nie vir ewig toornig bly nie.

10. Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie,vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie,

11. want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is,so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.

12. So ver as die ooste van die weste af is,so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.