Afrikaans 1983

Psalms 102:25-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. Ek sê: “My God, moet my nie in die fleur van my lewe wegneem nie!U is daar deur die geslagte heen.

26. In die voortyd al het U die aarde gevestigen die hemele met u eie hande gemaak.

27. Die hemel en die aarde sal vergaan, maar U sal bly.Soos 'n kledingstuk verslyt, so sal alles vergaan,soos klere wat uitgedien raak, so sal U alles laat verdwyn.

28. Maar U bly dieselfde,u jare het geen einde nie.”

29. Ons nageslag sal die land bly bewoon,ons nakomelinge sal veilig voor U woon.