Afrikaans 1983

Psalms 102:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Gebed van 'n hulpelose wanneer dit met hom sleg gaan en hy sy klagte uitstort voor die Here.

2. Here, luister tog na my gebed,hoor tog my geroep om hulp!

3. Moet U tog nie van my afsydig hounou dat ek in die nood is nie.Luister tog na my wanneer ek U aanroep,verhoor tog gou my gebed,

4. want vir my verdwyn die dae soos rook.My liggaam brand soos vuur,

5. ek is verskroei en uitgedroog soos gras,ek het alle eetlus verloor.

6. Ek het net vel en been gewordvan al die pyn.

7. Ek voel so verlate soos 'n pelikaan in 'n woestyn,soos 'n uil tussen murasies.

8. As ek wakker word,voel ek soos 'n eensame voël op 'n huis se dak.

9. Die dae deur verneder my vyande my.Dié wat my so verkleineer, gebruik my naam as 'n vloekwoord.

10. As is my daaglikse brood;wat ek drink, is met my trane gemeng,

11. want u toorn en u gramskap het my getref,U het my verwerp en weggegooi.