Afrikaans 1983

Psalms 10:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hy dink: ek sal nie wankel nieen die ongeluk sal my nooit tref nie.

7. Hy lê 'n vloek op almal,hy onderdruk en bedrieg,hy bedink onheil en onreg.

8. Hy lê onskuldiges voor agter die heiningsen vermoor hulle in die geheim.Hy loer rond in die donker.

9. Hy lê op die loer in 'n wegkruipplek soos 'n leeu agter 'n bos,hy lê op die loer om die hulpelose te vang.Hy vang hom en trek hom vas in sy net,

10. hy slaan hom dat hy inmekaar sak.So kry hy die arme mens in die hande.

11. Hy sê vir homself:“God steur Hom nie daaraan nie,Hy kyk weg,Hy sal dit nooit raaksien nie.”

12. Kom tog, Here! Toon u mag, o God!Moet die hulpeloses tog nie vergeet nie.