Afrikaans 1983

Psalms 10:4-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Neus in die lug sê hy:“God vra tog geen rekenskap nie!”In al sy planne is daar geen plek vir God nie.

5. Dit gaan mos altyd goed met wat hy aanpak.U oordele is vir hom te ver weg, buite sy gesigsveld.Hy snork met veragting oor al sy vyande.

6. Hy dink: ek sal nie wankel nieen die ongeluk sal my nooit tref nie.

7. Hy lê 'n vloek op almal,hy onderdruk en bedrieg,hy bedink onheil en onreg.

8. Hy lê onskuldiges voor agter die heiningsen vermoor hulle in die geheim.Hy loer rond in die donker.

9. Hy lê op die loer in 'n wegkruipplek soos 'n leeu agter 'n bos,hy lê op die loer om die hulpelose te vang.Hy vang hom en trek hom vas in sy net,