Afrikaans 1983

Psalms 10:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Waarom staan U so ver weg, Here?Waarom trek U U terug in tye van nood?

2. Die goddeloses is vol van hulleself, hulle vervolg 'n hulpelose man.Laat hulle gevang word deur die sluwe plannewat hulle self uitgedink het.

3. Die goddelose verlustig hom nou alin wat hy hoop om in die hande te kry.Die een wat hom wil verryk ten koste van 'n ander,wens homself by voorbaat geluk.Hy verag die Here.

4. Neus in die lug sê hy:“God vra tog geen rekenskap nie!”In al sy planne is daar geen plek vir God nie.

5. Dit gaan mos altyd goed met wat hy aanpak.U oordele is vir hom te ver weg, buite sy gesigsveld.Hy snork met veragting oor al sy vyande.

6. Hy dink: ek sal nie wankel nieen die ongeluk sal my nooit tref nie.