Afrikaans 1983

Numeri 6:18-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. By die ingang van die tent van ontmoeting moet die nasireër sy hare, die teken van sy wyding, afskeer en dit vat en in die vuur saam met die maaltydoffer verbrand.

19. “Nadat die nasireër sy hare afgeskeer het, moet die priester die gekookte blad van die ram vat en dit, saam met 'n ongesuurde ringbrood uit die mandjie en 'n ongesuurde roosterkoek, op die nasireër se hande sit

20. en dit as 'n beweegoffer aan die Here wy. Hierdie gawes is gewy en kom die priester toe, saam met die bors van die beweegoffer en die boud wat as offergawe gebring is. Daarna is die persoon vry om wyn te drink.

21. “Dit is dan die voorskrif vir 'n nasireër wat met die oog op sy nasireërskap 'n offer aan die Here beloof het, afgesien van wat hy nog vrywillig wil bring. Hy moet noukeurig handel volgens die gelofte wat hy afgelê het. Dit is die voorskrif vir die nasireër.”

22. Die Here het vir Moses gesê:

23. “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën:

24. “Die Here sal julle seënen julle beskerm;

25. die Here sal tot julle redding verskynen julle genadig wees;

26. die Here sal julle gebede verhooren aan julle vrede gee!

27. “So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”