Afrikaans 1983

Numeri 36:9-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Geen grond mag van een stam op 'n ander oorgaan nie; elke Israelitiese stam moet aan sy grond vashou.”

10. Die dogters van Selofgad het gedoen soos die Here vir Moses beveel het.

11. Hulle almal, Magla, Tirsa, Gogla, Milka en Noa, het met hulle neefs aan vaderskant getrou.

12. Hulle het getrou binne die stam van Manasse seun van Josef, en hulle grond het deel gebly van dié van hulle pa se stam.

13. Dit is die gebooie en bepalings wat die Here deur middel van Moses die Israeliete beveel het in die Moabsvlakte aan die Jordaan, regoor Jerigo.