Afrikaans 1983

Numeri 36:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Geen grond van die Israeliete mag van die een stam op 'n ander oorgaan nie, want elke Israeliet moet vashou aan sy deel van die stam se grond.

8. Elke dogter wat grond besit in een van die Israelitiese gebiede, moet met iemand uit haar pa se stam trou, sodat die familiegrond vir elke Israeliet behoue bly.

9. Geen grond mag van een stam op 'n ander oorgaan nie; elke Israelitiese stam moet aan sy grond vashou.”

10. Die dogters van Selofgad het gedoen soos die Here vir Moses beveel het.

11. Hulle almal, Magla, Tirsa, Gogla, Milka en Noa, het met hulle neefs aan vaderskant getrou.

12. Hulle het getrou binne die stam van Manasse seun van Josef, en hulle grond het deel gebly van dié van hulle pa se stam.