Afrikaans 1983

Numeri 31:49-54 Afrikaans 1983 (AFR83)

49. en gesê: “Ons het die soldate wat onder ons bevel was, getel, en daar word nie een vermis nie.

50. Daarom bring ons as offergawe aan die Here al die goue goed wat ons gekry het: armkettings en armbande, seëlringe, oorringe en halskettings. Dit moet vir ons versoening doen by die Here.”

51. Moses en die priester Eleasar het al die goue sierade in ontvangs geneem.

52. Al die goud wat hulle van die bevelvoerders ontvang het en wat as offergawe aan die Here gegee is, het amper twee honderd kilogram geweeg.

53. Die soldate het hulle buit vir hulleself gehou.

54. Moses en die priester Eleasar het die goud by die bevelvoerders in ontvangs geneem en dit na die tent van ontmoeting toe gebring. Dit moes die Here altyd aan Israel herinner.