Afrikaans 1983

Numeri 31:46-52 Afrikaans 1983 (AFR83)

46. sestien duisend mense.

47. Van die Israeliete se helfte het Moses een uit elke vyftig persone en diere gevat soos die Here hom beveel het, en dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die Here behartig.

48. Toe het die bevelvoerders van die leërafdelings, die bevelvoerders oor duisend en oor honderd, na Moses toe gekom

49. en gesê: “Ons het die soldate wat onder ons bevel was, getel, en daar word nie een vermis nie.

50. Daarom bring ons as offergawe aan die Here al die goue goed wat ons gekry het: armkettings en armbande, seëlringe, oorringe en halskettings. Dit moet vir ons versoening doen by die Here.”

51. Moses en die priester Eleasar het al die goue sierade in ontvangs geneem.

52. Al die goud wat hulle van die bevelvoerders ontvang het en wat as offergawe aan die Here gegee is, het amper twee honderd kilogram geweeg.