Afrikaans 1983

Numeri 31:39-46 Afrikaans 1983 (AFR83)

39. dertig duisend vyf honderd donkies waarvan een en sestig as offergawe aan die Here,

40. en sestien duisend mense van wie twee en dertig as offergawe aan die Here.

41. Moses het die offergawe aan die Here vir die priester Eleasar gegee soos die Here hom beveel het.

42. Die ander Israeliete se deel wat deur Moses van dié van die soldate afgesonder is,

43. die volk se helfte, was drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd stuks kleinvee,

44. ses en dertig duisend beeste,

45. dertig duisend vyf honderd donkies en

46. sestien duisend mense.