Afrikaans 1983

Numeri 31:28-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Jy moet van die soldate wat gaan veg het, 'n offergawe vir die Here neem, een op vyf honderd uit die mense, beeste, donkies en kleinvee.

29. Die bydrae wat jy uit hulle deel vat, moet jy aan die priester Eleasar gee as 'n offergawe aan die Here.

30. Uit die deel van die res van die Israeliete moet jy een op vyftig vat, uit die mense, beeste, donkies, kleinvee en ander diere, en dit aan die Leviete gee wat die diens by die tabernakel van die Here behartig.”

31. Moses en die priester Eleasar het gedoen soos die Here vir Moses beveel het.

32. Die buit wat behoue gebly het uit wat die soldate geroof het, was ses honderd vyf en sewentig duisend stuks kleinvee,

33. twee en sewentig duisend beeste,

34. een en sestig duisend donkies,

35. twee en dertig duisend vrouens wat nog nie met mans gemeenskap gehad het nie.

36. Die soldate wat gaan veg het, se deel was drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd stuks kleinvee,