Afrikaans 1983

Numeri 31:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Die Israeliete moet die Midianiete straf vir wat hulle julle aangedoen het. Daarna sal jy sterwe.”

3. Moses het toe vir die volk gesê: “Bewapen manne vir die oorlog en laat hulle teen die Midianiete optrek om hulle te straf in die Naam van die Here.

4. Stuur uit elke stam van Israel duisend man om te gaan veg.”

5. Daar is toe twaalf duisend man uit die stamme van Israel aangewys, duisend uit elke stam, almal toegerus vir die oorlog.

6. Moses het hulle, duisend uit elke stam, saam met Pinehas seun van die priester Eleasar gestuur om te gaan veg. Pinehas het gewyde voorwerpe, die trompette om die seine te gee, saamgevat.

7. Hulle het oorlog gemaak teen die Midianiete soos die Here vir Moses beveel het en al die mans doodgemaak.