Afrikaans 1983

Maleagi 3:7-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Van julle voorvaders se tyd af het julle van my voorskrifteafgewyk en nie daarvolgens geleef nie.Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe,sê die Here die Almagtige.Maar julle vra: “Waarom moet ons ons bekeer?”

8. Sal 'n mens werklik vir God beroof?Tog beroof julle My.Julle vra: “Waarvan beroof ons U?”Van tiendes en offergawes.

9. Daar rus alreeds 'n vloek op julleen tog bly julle My beroof;die hele nasie doen dit.

10. Bring die volle tiende na die voorraadkamer toesodat daar iets te ete in my huis kan wees,en toets My hierin, sê die Here die Almagtige.Toets My of Ek nie die vensters van die hemelvir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet,meer as wat julle kan gebruik nie.

11. Ek sal die sprinkane keerdat hulle nie die oes op julle land vernietig nie,en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie,sê die Here die Almagtige.

12. Dan sal al die nasies julle as gelukkige mense beskou;julle sal in 'n begeerlike land woon,sê die Here die Almagtige.

13. Julle het vermetele dinge oor My kwytgeraak,sê die Here.Maar julle vra: “Wat het ons oor U gesê?”

14. Julle het gesê: “Dit is nutteloos om God te dien.Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer heten in rouklere rondgeloop hetvoor Hom, die Here die Almagtige?

15. Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is,die gelukkiges is,en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan.Hulle daag God uit en kom vry!”

16. Toe het die mense wat eerbied vir die Here het,onder mekaar geredeneer,en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan.Daar is 'n gedenkboek voor Hom geskryfmet die name van dié wat eerbied vir die Here heten waarde heg aan sy Naam.

17. Hulle sal vir My 'n kosbare besitting weesdie dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige.Ek sal goed wees vir hulle,soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk.

18. Dan sal julle weer die verskil sientussen wie goed doen en wie goddeloos is,tussen wie My dien en wie My nie dien nie.