Afrikaans 1983

Maleagi 3:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ek gaan nou my boodskapper stuur,Hy sal die pad voor My uit regmaak,en dan sal die Here na wie julle soek,skielik na sy tempel toe kom.Ja, die Verbondsengel na wie julle met soveel vreugde uitsien,gaan nou kom, sê die Here die Almagtige.

2. Maar wie kan die koms van dié Engel verdra,wie kan standhou wanneer Hy verskyn?Hy is soos die vuur van die smeltersen soos die seep van die wassers.

3. Soos iemand wat silwer smelt en suiwer,so sal Hy as regter gaan sitom die Leviete te suiwer,om hulle te louter soos goud en silwer,sodat hulle aan die Here 'n offer kan bringwat bestaan uit regdoen.

4. Dan sal die offer van Juda en Jerusalemweer aanneemlik wees vir die Heresoos in die ou tyd, soos in jare lank verby.

5. Dan sal Ek na julle toe kom as regter:Ek sal sonder versuim regspreekteen dié wat hulle met toordery ophou,teen die egbrekers en dié wat vals ede aflê,teen dié wat die dagloner te kort doen,die weduwee en die weeskind veronregen die vreemdeling verdring,teen dié wat nie vir My eerbied het nie,sê die Here die Almagtige.

6. Ek, die Here, het nie verander nie,daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob.