Afrikaans 1983

Lukas 8:8-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Daar was ook 'n deel wat in goeie grond geval het, en dit het opgekom en 'n honderdvoudige oes gelewer.”Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!”

9. Sy dissipels het Hom gevra wat die betekenis van hierdie gelykenis is.

10. Hy het geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van God te ken, maar vir die ander bly dit by gelykenisse sodat“hulle kyk sonder om te sienen hoor sonder om te verstaan.”

11. “Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God.

12. Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie.