Afrikaans 1983

Lukas 4:8-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Daarop antwoord Jesus: “Daar staan geskrywe:“Die Here jou God moet jy aanbiden Hom alleen dien.”

9. Hierna neem die duiwel Hom na Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan, en sê:

10. “As U die Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe:“Hy sal sy engele opdrag geeom jou te beskerm,

11. “en ook:“Op hulle hande sal hulle jou drasodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.”

12. Maar Jesus antwoord hom: “Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

13. Nadat die duiwel met al die versoekings klaar was, het hy Jesus 'n tyd lank met rus gelaat.

14. Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei.

15. Hy het die mense in die sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat.

16. Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees,

17. is die boek van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgemaak en die plek gekry waar geskrywe staan:

18. “Die Gees van die Here is op Myomdat Hy My gesalf hetom die evangelie aan armes te verkondig.Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur,