Afrikaans 1983

Lukas 24:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Sondagmôre baie vroeg het die vroue na die graf toe gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het.

2. Daar kry hulle die klip weggerol van die ingang van die graf af;

3. en toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.

4. Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie. Meteens staan daar by hulle twee manne met blink klere aan.

5. Die vroue het groot geskrik en met hulle gesig na die grond toe gebuig. Toe sê die manne vir hulle: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies?

6. Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was

7. en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan.”