Afrikaans 1983

Lukas 20:32-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

32. Daarna het die vrou ook gesterwe.

33. Die vrou nou, wie se vrou word sy met die opstanding? Al sewe het haar mos as vrou gehad.”

34. Jesus sê vir hulle: “In hierdie wêreld trou die mense met mekaar,

35. maar dié wat waardig geag is om deel te hê aan die toekomstige wêreld en aan die opstanding uit die dood, trou daar nie meer nie.

36. Hulle kan ook nie meer sterwe nie; hulle is soos die engele. Hulle is kinders van God, omdat hulle uit die dood opgestaan het.

37. Dat die dooies opgewek word, het Moses ook aangedui waar hy in die gedeelte oor die doringbos praat van ‘die Here, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob’.

38. Hy is nie 'n God van dooies nie maar van lewendes, want by Hom leef hulle almal.”

39. Toe sê sommige van die skrifgeleerdes: “Meneer, u het goed geantwoord.”

40. Hulle het nie meer gewaag om Hom 'n enkele vraag te stel nie.

41. Maar Jesus het vir hulle gevra: “Hoe kan hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?

42. Dawid sê tog self in die boek van die Psalms:“Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhand

43. totdat Ek jou vyandeaan jou onderwerp het.