Afrikaans 1983

Lukas 2:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word.

2. Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië.

3. Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe.

4. Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het.