Afrikaans 1983

Lukas 19:37-46 Afrikaans 1983 (AFR83)

37. Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het.

38. Hulle het gesing:“Loof die Koning,Hy wat in die Naam van die Here kom!Vrede in die hemelen eer aan God in die hoogste hemel!”

39. 'n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!”

40. Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”

41. Toe Hy nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil

42. en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.

43. Daar sal dae oor jou kom dat jou vyande vestings teen jou oprig en jou omsingel en jou van alle kante beleër.

44. Hulle sal jou met die grond gelyk maak en jou inwoners uitwis. Hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die betekenis van die tyd toe God gekom het om jou te red, nie besef het nie.”

45. Jesus het na die tempel toe gegaan en die handelaars begin uitjaag.

46. Hy het vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed wees,’ maar julle het dit 'n rowersnes gemaak.”