Afrikaans 1983

Lukas 19:20-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. “Nog 'n ander het gekom en gesê: ‘Meneer, hier is u muntstuk. Ek het dit in 'n doek gebêre.

21. Ek was bang vir u, want u is 'n harde man. U eis op wat u nie belê het nie, en oes wat u nie gesaai het nie.’

22. Toe sê hy vir hom: ‘Met jou eie woorde sal ek jou veroordeel. Jy is 'n slegte slaaf! As jy geweet het ek is 'n harde man wat opeis wat ek nie belê het nie, en oes wat ek nie gesaai het nie,

23. waarom het jy dan nie my geld in die bank gesit nie? Dan sou ek dit by my terugkoms darem met rente kon getrek het.’

24. Daarop sê hy vir dié wat daar staan: ‘Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit vir die een wat die tien muntstukke het.’

25. “Hulle sê vir hom: ‘Meneer, hy het dan al tien muntstukke.’ Maar hy antwoord:

26. Ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.

27. En daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek hulle koning moet wees nie, bring hulle en maak hulle hier voor my dood!”