Afrikaans 1983

Lukas 17:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is.

2. So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies 'n struikelblok word.

3. Wees dus self op julle hoede.“As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom.

4. Selfs as hy sewe maal op 'n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”