Afrikaans 1983

Lukas 11:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.”

2. En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan:“Vader, laat u Naam geheilig word;laat u koninkryk kom.

3. Gee ons elke dag ons daaglikse brood;

4. en vergeef ons ons sondes,want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree;en laat ons nie in versoeking kom nie.”

5. Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het 'n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode,

6. want 'n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om vir hom voor te sit nie.’

7. En die ander antwoord van binne af: ‘Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie ...’

8. Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie.