Afrikaans 1983

Lukas 10:36-42 Afrikaans 1983 (AFR83)

36. “Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?”

37. Die wetgeleerde antwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het.”Toe sê Jesus vir hom: “Gaan maak jy ook so.”

38. Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het.

39. Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het.

40. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”

41. Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge,

42. maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”