Afrikaans 1983

Job 9:6-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hy laat die aarde ruk, weg van sy fondamente af,en sy pilare bewe.

7. Hy gee opdrag aan die son en dit kom nie op nie,Hy verseël die sterre en hulle skyn nie.

8. Hy het die hemel soos 'n tent gespan, Hy alleen,en Hy hou die golwe van die see in bedwang.

9. Hy het die Beer en Orion gemaak,die Sewester en die sterrebeelde in die suide.

10. Wat Hy doen, is groot en ondeurgrondelik,wonder op wonder.

11. “As Hy by my verbygaan, gewaar ek Hom nie,Hy sweef verby, maar ek kom dit nie agter nie.

12. As Hy op iets beslag wil lê, wie sal Hom keer?Wie sal vir Hom sê: ‘Wat doen U?’

13. God hou sy toorn nie terug nie:Rahab se helpers lê platgeslaan voor Hom.

14. Sou ek kon antwoord op wat Hy vra?Hoe sou ek my woorde teen Hom kies?

15. Al was my saak reg,sou ek nog nie kon antwoord op wat Hy vra nie,ek sou Hom, my Regter, net om genade kon smeek.

16. As ek na Hom sou roep en Hy my sou antwoord,sou ek nie kon glo dat Hy my gehoor het nie,

17. want dit is Hý wat my met 'n stormwind pynig,wat my baie wonde slaan sonder dat ek dit verdien,