Afrikaans 1983

Job 9:28-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. dan word ek bang dat ek nog swaarder sal kry,omdat ek weet dat God my nieonskuldig gaan bevind nie.

29. Aangesien ek tóg skuldig bevind sal word,waarom sou ek my moeg maak?

30. Al sou ek my was met sneeu,al sou ek my hande skoon was met seep,

31. God sou my weer in 'n modderpoel gooi,sodat my klere my tot 'n aanstoot maak.

32. Hy is nie 'n mens soos ekdat ek op sy vrae sou kon antwoord nie,dat ons in 'n hofsaak teen mekaar betrokke sou kon raak nie.

33. As daar maar iemand waswat in die saak tussen ons kon oordeel,wat oor ons albei onpartydig kon regspreek,

34. as daar maar iemand waswat God se straf van my kon wegneem,sodat sy verskrikking my nie skielik oorval nie,

35. dan sou ek sonder vrees kon praat.Maar soos sake nou met my staan, kan ek nie.”