Afrikaans 1983

Job 9:20-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. “Al is my saak reg, my woorde sou my skuldig maak;al is ek ook onskuldig, ek sou oor my woorde veroordeel word.

21. Ek ís onskuldig!Ek gee nie meer om vir my lewe nie,ek wil nie meer lewe nie.

22. Eintlik is dit om 't ewe, daarom dink ek:of 'n mens skuldig is of onskuldig, God vernietig jou tog.

23. As 'n vloedramp skielik die dood bring,lag God oor die wanhoop van die onskuldiges.

24. Hy gee die wêreld oor in die mag van die goddelose,en Hy maak die regters partydig.As dit nie Hy is wat dit doen nie, wie dan?

25. My dae skiet vinniger as 'n naelloper verby,hulle vlieg verby sonder dat ek iets goeds beleef,

26. hulle gaan vinnig by my verby soos papirusbote,soos 'n arend wat afskiet op sy prooi.

27. “As ek sou dink: ek wil ophou kla,ek wil my houding verander en vrolik wees,

28. dan word ek bang dat ek nog swaarder sal kry,omdat ek weet dat God my nieonskuldig gaan bevind nie.

29. Aangesien ek tóg skuldig bevind sal word,waarom sou ek my moeg maak?

30. Al sou ek my was met sneeu,al sou ek my hande skoon was met seep,

31. God sou my weer in 'n modderpoel gooi,sodat my klere my tot 'n aanstoot maak.

32. Hy is nie 'n mens soos ekdat ek op sy vrae sou kon antwoord nie,dat ons in 'n hofsaak teen mekaar betrokke sou kon raak nie.