Afrikaans 1983

Job 9:12-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. As Hy op iets beslag wil lê, wie sal Hom keer?Wie sal vir Hom sê: ‘Wat doen U?’

13. God hou sy toorn nie terug nie:Rahab se helpers lê platgeslaan voor Hom.

14. Sou ek kon antwoord op wat Hy vra?Hoe sou ek my woorde teen Hom kies?

15. Al was my saak reg,sou ek nog nie kon antwoord op wat Hy vra nie,ek sou Hom, my Regter, net om genade kon smeek.

16. As ek na Hom sou roep en Hy my sou antwoord,sou ek nie kon glo dat Hy my gehoor het nie,

17. want dit is Hý wat my met 'n stormwind pynig,wat my baie wonde slaan sonder dat ek dit verdien,

18. wat my nie 'n kans gun om asem te skep nie,maar my deurdrenk met bitter lyding.

19. As dit gaan oor krag,is Hý die sterke,as dit gaan oor reg,wie anders as Hý kan 'n klag teen my inbring?”

20. “Al is my saak reg, my woorde sou my skuldig maak;al is ek ook onskuldig, ek sou oor my woorde veroordeel word.

21. Ek ís onskuldig!Ek gee nie meer om vir my lewe nie,ek wil nie meer lewe nie.

22. Eintlik is dit om 't ewe, daarom dink ek:of 'n mens skuldig is of onskuldig, God vernietig jou tog.

23. As 'n vloedramp skielik die dood bring,lag God oor die wanhoop van die onskuldiges.

24. Hy gee die wêreld oor in die mag van die goddelose,en Hy maak die regters partydig.As dit nie Hy is wat dit doen nie, wie dan?

25. My dae skiet vinniger as 'n naelloper verby,hulle vlieg verby sonder dat ek iets goeds beleef,

26. hulle gaan vinnig by my verby soos papirusbote,soos 'n arend wat afskiet op sy prooi.

27. “As ek sou dink: ek wil ophou kla,ek wil my houding verander en vrolik wees,

28. dan word ek bang dat ek nog swaarder sal kry,omdat ek weet dat God my nieonskuldig gaan bevind nie.

29. Aangesien ek tóg skuldig bevind sal word,waarom sou ek my moeg maak?

30. Al sou ek my was met sneeu,al sou ek my hande skoon was met seep,