Afrikaans 1983

Job 8:10-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Leer uit wat jou voorgeslag gesê het.Hulle het met insig verklaar:

11. ‘Groei riet waar daar nie 'n moeras is nie,vleigras waar daar nie water is nie?

12. Dit spruit wel uit,maar dit is nog nie eers afgesny nie, dan verdroog dit al vinniger as enige ander soort gras.’

13. “So gaan dit met hulle wat vir God vergeet.Daar is geen hoop vir die godlose nie.

14. Hy vertrou op 'n dun draadjie,hy maak op 'n spinnerak staat.

15. As hy teen sy huis leun, val dit om,hy gryp daarna, maar dit bly nie staan nie.

16. Hy is soos 'n welige plant in die son:hy rank oral oor die tuin,

17. hy vleg sy wortels om die klippe,en klou vas aan die klipmuur.

18. Maar as iemand hom uitroei,is daar niks van hom oor nie.

19. So kom hy tot sy eindeen in sy plek kom daar 'n ander.

20. “God verwerp nooit die opregte nieen staan ook nie dié by wat onreg doen nie.

21. Hy sal jou weer vreugde gee,jou van blydskap laat jubel.