Afrikaans 1983

Job 8:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe sê Bildad die Suagiet:

2. “Hoe lank gaan jy nog so praat?Jou woorde kom soos 'n orkaan.

3. Sal God die reg verdraai,sal die Almagtige verdraai wat reg is?

4. As jou kinders teen Hom gesondig het,het Hy hulle vir hulle oortredings gestraf.

5. As jy na die wil van God vraen die Almagtige om genade smeek,

6. as jy vlekkeloos is en reg het,sal Hy jou weer in sy sorg neemen jou gesond in jou huis terugbring.

7. Die vermoë wat jy besit het, sal niks weesteen die rykdom wat jy later sal besit nie.

8. Vra na die bevindings van die voorgeslagte,rig jou na die insigte van die voorvaders,