Afrikaans 1983

Job 5:5-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. “Wat 'n dwaas geoes het, word deur honger mense opgeëet;hulle haal dit uit selfs waar dit tussen die dorings weggepak is.Dié wat niks het nie, gryp gretig na sy besittings.

6. Ellende kom nie sommerso uit die grond uit op nie,swaarkry skiet nie sommer uit die aarde uit op nie.

7. Die mens is vir swaarkry gebore,en sy lewe is kortstondig soos 'n vonk wat opskiet.”

8. “As ek jý was, sou ek my tot God wenden my saak aan Hom voorlê.

9. Wat God doen, is groot en ondeurgrondelik,wonder op wonder.

10. Dit is Hy wat reën op die aarde gee,wat water oor die veld uitgiet.

11. Dit is Hy wat die vertraptes weer optel,wat uitkoms gee aan dié wat ly.

12. Dit is Hy wat die planne van slinkse mense verydelsodat hulle niks blywends tot stand bring nie.

13. Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne;wat geslepe mense besluit, maak Hy gou tot niet.

14. Helder oordag oorval die donkerte hulle,in die middel van die dag tas hulle rond asof dit nag is.

15. Dit is God wat die arm mens red van hulle vals beskuldigingsen uit die mag van die sterkes.

16. So is daar hoop vir die behoeftigeen kom die onreg tot 'n einde.

17. “Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word.Jy moet nie die bestraffing van die Almagtige verontagsaam nie.

18. Dit is Hy wat wonde toedien, maar Hy verbind hulle weer,wat seer slaan, maar Hy maak weer met sy eie hand gesond.