Afrikaans 1983

Job 41:9-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. As hy nies, spat die vonke,sy oë is so rooi soos die daeraad.

10. Daar kom vuur uit sy bek,die vonke waai deur die lug.

11. Daar trek rook uit sy neusgate,soos uit 'n kokende pot op 'n vuur.

12. Sy asem steek vure aan,daar skiet vlamme uit sy bek.

13. Daar is groot krag in sy nek;wie hom sien, word deur angs oorval.

14. Sy vleis is saamgepak asof dit aan hom gegiet is,dit gee nie mee nie.

15. Sy hart is so hard soos klip,so hard soos 'n maalklip.

16. Sterkes vlug as hy die water roer.By die eerste rimpeling gee hulle pad.

17. Wie hom met die swaard steek, rig niks uit nie,ook nie met 'n spies, 'n pyl of 'n assegaai nie.

18. Yster is vir hom soos strooi,brons soos vrot hout.