Afrikaans 1983

Job 41:5-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Wie kan sy kakebene oopbreek,sy kakebene met die verskriklike tande?

6. Op sy rug lê die skubbe in ryevas aan mekaar gesluit:

7. die een so teen die anderdat die wind nie daardeur kan waai nie;

8. die een is vas aan die ander,hulle kleef aan mekaar en kan nie geskei word nie.

9. As hy nies, spat die vonke,sy oë is so rooi soos die daeraad.

10. Daar kom vuur uit sy bek,die vonke waai deur die lug.

11. Daar trek rook uit sy neusgate,soos uit 'n kokende pot op 'n vuur.

12. Sy asem steek vure aan,daar skiet vlamme uit sy bek.

13. Daar is groot krag in sy nek;wie hom sien, word deur angs oorval.

14. Sy vleis is saamgepak asof dit aan hom gegiet is,dit gee nie mee nie.

15. Sy hart is so hard soos klip,so hard soos 'n maalklip.

16. Sterkes vlug as hy die water roer.By die eerste rimpeling gee hulle pad.

17. Wie hom met die swaard steek, rig niks uit nie,ook nie met 'n spies, 'n pyl of 'n assegaai nie.

18. Yster is vir hom soos strooi,brons soos vrot hout.