Afrikaans 1983

Job 41:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hy is wreed as jy hom wakker maak.“Wie wil dan nog teen Mý standhou?

2. Wie wil aan Mý eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is?Alles onder die hemel behoort aan My.

3. “Ek wil nog verder praat oor die krokodil,oor sy krag en sy liggaamsbou.

4. Wie kan sy bek oopmaak?Wie kan met 'n toom naby sy tande kom?

5. Wie kan sy kakebene oopbreek,sy kakebene met die verskriklike tande?

6. Op sy rug lê die skubbe in ryevas aan mekaar gesluit:

7. die een so teen die anderdat die wind nie daardeur kan waai nie;

8. die een is vas aan die ander,hulle kleef aan mekaar en kan nie geskei word nie.

9. As hy nies, spat die vonke,sy oë is so rooi soos die daeraad.

10. Daar kom vuur uit sy bek,die vonke waai deur die lug.

11. Daar trek rook uit sy neusgate,soos uit 'n kokende pot op 'n vuur.