Afrikaans 1983

Job 39:7-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Die lammers groei en word groot in die veld,hulle gaan weg en kom nie na die ooie toe terug nie.

8. “Wie gee aan die wildedonkie sy vryheiden laat hom ongebonde vryloop?

9. Ek het vir hom die oop veld gegee om in te bly,die brakbossies om in te wei.

10. Hy bekommer hom nie oor die gewoel in die stad nie,hy hoef nie te luister na die geskreeu van 'n drywer nie.

11. Hy deurkruis die berge vir weiding,hy snuffel elke groen sprietjie uit.

12. “Sal die buffel gewillig wees om vir jou te werk?Sal hy deur die nag by jou krip bly staan?

13. Kan jy hom inspan en ploegvore met hom trek?Kan jy hom lei om die land agter jou te eg?

14. Sal jy jou op hom verlaat vir sy reusekrag?Sal jy dit aan hom oorlaat om vir jou 'n oes te lewer?

15. Sal jy op hom vertrou om jou graan te oesen op jou dorsvloer bymekaar te bring?

16. “Die vlerke van die volstruis klap vroliknet soos dié van die ooievaar en die valk,

17. maar sy lê haar eiers op die gronden broei hulle uit op die sand.

18. Sy dink nie daaraan dat hulle stukkend getrap kan word nie,dat wilde diere haar eiers kan breek nie.