Afrikaans 1983

Job 39:6-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hulle trek inmekaar, die bokkies word gebore,die geboortepyne is gou verby.

7. Die lammers groei en word groot in die veld,hulle gaan weg en kom nie na die ooie toe terug nie.

8. “Wie gee aan die wildedonkie sy vryheiden laat hom ongebonde vryloop?

9. Ek het vir hom die oop veld gegee om in te bly,die brakbossies om in te wei.

10. Hy bekommer hom nie oor die gewoel in die stad nie,hy hoef nie te luister na die geskreeu van 'n drywer nie.

11. Hy deurkruis die berge vir weiding,hy snuffel elke groen sprietjie uit.

12. “Sal die buffel gewillig wees om vir jou te werk?Sal hy deur die nag by jou krip bly staan?

13. Kan jy hom inspan en ploegvore met hom trek?Kan jy hom lei om die land agter jou te eg?

14. Sal jy jou op hom verlaat vir sy reusekrag?Sal jy dit aan hom oorlaat om vir jou 'n oes te lewer?

15. Sal jy op hom vertrou om jou graan te oesen op jou dorsvloer bymekaar te bring?

16. “Die vlerke van die volstruis klap vroliknet soos dié van die ooievaar en die valk,

17. maar sy lê haar eiers op die gronden broei hulle uit op die sand.

18. Sy dink nie daaraan dat hulle stukkend getrap kan word nie,dat wilde diere haar eiers kan breek nie.

19. Sy maak haar kuikens hard groot, asof hulle nie haar eie is nie;as haar moeite dan tevergeefs was, skrik dit haar nie af nie.

20. God het nie vir haar wysheid gegee nie,sy het geen verstand nie,

21. maar wanneer sy met vlerke omhoog hardloop,lag sy die perd en sy ruiter uit.

22. “Gee jý vir die perd sy krag,sit jý vir hom maanhare aan?