Afrikaans 1983

Job 39:31-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

31. Hy woon op die rotse, hy bly daar,op die spits en die kranse.

32. Van daar af soek sy oë na kos,van ver af sien hy dit.

33. Sy kuikens vreet bloederige vleis,en waar iets doodgaan, is hy.”

34. Die Here het verder vir Job gesê:

35. “Wil jy 'n saak maak teen die Almagtige en Hom bestraf?Wil jy vir God teregwys? Antwoord Hom dan!”

36. Job het toe vir die Here gesê:

37. “Ek is nie opgewasse teen U nie.Hoe sou ek U kon antwoord?Ek sal liewer stilbly.

38. Ek het gepraat, maar ek kon nie 'n antwoord vind nie,ek het weer geprobeer, maar nou sal ek stilbly.”