Afrikaans 1983

Job 39:21-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. maar wanneer sy met vlerke omhoog hardloop,lag sy die perd en sy ruiter uit.

22. “Gee jý vir die perd sy krag,sit jý vir hom maanhare aan?

23. Het jý gemaak dat hy kan spring soos 'n sprinkaan,dat hy almal bang maak met sy trotse gesnork?

24. Hy kap die grond met sy pote en trippel rond,met krag skiet hy vorentoe, die geveg in.

25. Bang wees bestaan vir hom nie, hy skrik nie,hy deins nie terug vir oorlog nie.

26. In die koker aan sy sy ratel die pyle,die spies en die swaard blink in die son.

27. Opgewonde en oorgehaal kap-kap hy die grond,hy kan nie wag vir die blaas van die trompet nie.

28. By die blaas van die trompet runnik hy,hy weet die geveg kom,hy ken die offisiere se bevele en hulle krygskrete.

29. “Is dit deur jou insig dat 'n valk vlieg,dat hy sy vlerke na die suide toe span?

30. Is dit op jou bevel dat 'n aasvoël hoog opvliegen sy nes in die hoogte gaan bou?

31. Hy woon op die rotse, hy bly daar,op die spits en die kranse.